Ek Lig My Hande Op Na U (Gebed)

Artist: Congress MusicFactory
Produced By: Congress MusicFactory
Album: Ons Loof U

Laat ons ons heilige hande oplig na die Here toe. Amen? So, Vader, lig ons ons hande op na U toe. Elkeen van ons. My broer hier langs my lig sy hande op,my suster hier langs my lig haar hande op. En ek dink aan die lang ry van skoonheid en edelheid en gehoorsaamheid. Die skoonheid van gehoorsaamheid wat ons tot op hierdie plek gebring het. Ek lig my hande op en dink aan die opoffering van broers wat ons vooruitgegaan het en aan susters wat die woede van die vyand die hoof gebied het en hul lewens gegee het, hul bloed gestort het om hierdie baan van lig waarop ons vandag loop, te skep. En ek onthou hulle wanneer ek my hande oplig. Ek onthou wat my gevorm het, wat my gemaak het wat ek is. Die woorde die geroep, die vasberadenheid, die opoffereing en die gehoorsaamheid, Dekade na dekade. Geslag na geslag. Wat hierdie grootpad skep waarop ons nou staan.

En ek dank U Heer vir U konstantheid en U getrouheid. En U vasbeslotenheid om te bou en te vloei en om aantemoedig en om U Gees uit te stuur in die harte van mense. Ons is dankbaar.

Dankbaar want U is lewegewend. Dankbaar want ons harte is verhef en sing. Dankbaar want ons vegaarder tussen ons broers, my gedagte en my siel en my gees is verlig! Luister na die geklank van my leiers. Om net te luister na die uitlaatings van die Heilige Gees en om te staar in die aangesig van God. Dit was diepgaande en indrukwekkend en pragtig! Om net te staar na U maak (van) my n beter man. Om net te kyk na U Vader, om net te staar na U hart maak van my beter man, maak my n beter person en ek is dankbaar.

Dankie vir U behoud van my, dankie dat U my lei, dankie dat U hand op my rus. Dankie dat U my die gawe van lewe gun, dankie vir U geduld in my onderrig. Dankie dat U my uit onkunde na wysheid lei. Dankie dat U my uit swakheid neem en my krag gee.(of my bekragtig)Dankie dat U my twyfel verwyder en my geloof bied. Dankie dat U my uit die dood bring en my hierdie; absoluut oorvloedige

lewe skenk. Dankie dat U my uit alleenheid kom haal het, en my in die midde van hierdie absoluut ongelooflike gemeenskap plaas. Dankie dat U my uit verlorenheid lei en my op n reistog neem. Ek is dankbaar. Dankie, God! Dankie, Here! Dankie dat U my geskape het. Dankie dat U my lewe gun. Dankie vir my beskiking. Dankie vir my ingebruikneming. Dankie vir U keuse in my. Dankie vir my leiding. Dankie! Dankie! Dankie! Dankie! Dankie vir elke stryd. Dankie vir elke oorwinning, dankie vir elke toets. Dankie vir die harde plek. Dankie vir die maklike plekke. Dankie vir alles, elke oomblik, elke keer, Elke plek waar U magtige hand my lewe aangeraak. Ek sê dankie! Dankie God! Dankie.