Ek Loof U (Gebed)

Artist: Congress MusicFactory
Produced By: Congress MusicFactory
Album: Ons Loof U

“Ek loof U”.

Die is heilige woorde voorbehou vir Hom alleen; alleenlik vir Hom.

“Ek loof U”.

Ek verhef U, lig U op en prys U. U alleen is waardig om my lof te ontvang. U is waardig om my prys te ontvang.

Ek verhef U. Ek prys U. Ek verhef U. Laat my lippe U prys nou en verewig. Laat my siel u seën vandag en verewig O God. U alleen is waardig om geprys te word.

Daar is geen wese, niks wat bestaan aan wie ek hierdie woorde kan uiter nie: “Ek loof U”.

Daar is niemand anders. Niks wat bestaan in tyd of in ewigheid wat ooit hierdie woorde sal ontvang nie, dit is voorbehou vir U alleenlik: “Ek loof U” Here ewige een.

Ek loof U almagtige God, magtige koning van die hemele. Ek loof U my skeper, My verlosser en my God.

“Ek loof U, Ek loof U”