Ons Loof U

Artist: Congress MusicFactory
Produced By: Congress MusicFactory
Album: Ons Loof U

[Gebed]

Ons aanbid U. Ons seën U en ons verhef U naam! Ons lig ons hande op na U

Net soos ons vaders en voorvaders lank gelede gedoen het. Hulle het hul hande opgelig, Hul heilige hande voor ‘n soewereine God en net soos my broer Habakkuk eeue gelede gesê het: “Ek sal jubel, en ek sal juig. U.. my soewereine Here, is my krag “. U is my broer se krag. “U maak my voete soos die van n ribbok. U versterk my; U verhef my na hoë plekke”.

En nou van hierdie oomblik en verder, ons oë opgehef staan ons op en loop in die heerlikheid… wie U is en ons seën U Heilige naam.

Dankie vir U woord. Dankie dat U ons onderrig. Dankie vir U leering. Laat die woord van God val op die vrugbare grond van ons harte; Wortel in ons en produseer in al my broers, al U heiliges dertigvoudig, sestigvoudig en honderdvoudig in die dinge van God.

Dankie God. Ons seën U. Amen. Amen.

[Refrein]

Ons Loof U Heer
Ons Prys U Naam
U is verhewe vir ewig

Almagtige God
U is ons krag
Ons loof U Naam, vir ewig