Stuur Ons (Gebed)

Artist: Congress MusicFactory
Produced By: Congress MusicFactory
Album: Ons Loof U

U is my Sabbat. U is my plek van rus. U is die eindbestemming van my reis.

Gee ons dus U energie en gee ons U krag. Al wat ons nou vra is dat U ons stuur. Stuur ons. Stuur ons. Dit is nie nou die tyd om te rus nie. Stuur ons. Dit is n tydperk van momentum. Stuur ons, God. Al wat ons vra, is dat U ons stuur. Ons vra nie vir rus nie want ons sal rus wanneer U kom. Ons uitroep, is dat U ons stuur om U wil te doen. Stuur ons.

Stuur ons uit. Stuur ons in ʼn nuwe rigting. Stuur ons uit as een groep. Stuur ons gelykgemaak verder. Stuur ons voorbereid vir die toekoms. Stuur ons met lig en begrip, kennis en krag. Stuur ons uit met akkuraatheid. Stuur ons uit met heiligheid en toewyding; reinheid in ons harte.

Stuur ons met geen sonde nie; geen afdwaling nie. Stuur ons onbesmet en heilig. O, stuur ons. Stuur ons uit. Stuur ons die toekoms in met u groot krag.

Berei die hart van elke man en vrou op hierdie plek voor. Beklee ons harte met vrede. Stuur ons voort met blydskap. Laat U werk vervullend wees, bevredigend. Laat die groot arbeid tevredenheid binne-in ons harte meebring en ‘n verlange na meer van U. Dit is ons petisies. Dit is die uitroep van ons harte. Dit is die belangrike dinge wat ons voor U ophef.

Luister na die klank van ons gebede. Hoor die uitroep van U volk. Ons bid volgens U wil; volgens die patroon van ons Meester. Dankie Heer. Dankie God. Dankie Vader. Dankie Jesus.